Categories

Website by InTsol cc

Newsletter

Verstaan God deur Lorette Dye Maximize

Verstaan God deur Lorette Dye

Verstaan God deur Lorette Dye

More details

VG-Afr

R240.00

VERSTAAN GOD is ’n gids tot God en die lesse van die Bybel, met voorbeelde in Bybelverse, die woorde van Jesus Christus en die lewens van figure uit die Bybel en hulle verhoudings met die Skepper. Hierdie sluit in dat meeste mense nie die Bybel lees en vir hulself besluit wat dit beteken nie, maar eenvoudig die interpretasie van hulle kerk of dominee of leraar aanvaar. Die skrywer vra dat haar lesers vreesloos vir hulself dink en besluit, al stem hulle nie saam met alles wat sy sê nie.

Deel 1 verduidelik onder die Ou Testament hoe God straf en seën; keuses en hulle gevolge; die 10 Gebooie; hoe God homself openbaar; wat vir God beïndruk en hoe God werk met die mense wat Hy kies. Sy bespreek Ou Testament figure Abraham, Noag, Jeremiah, David en Hosea asook die Israeliete en hulle interaksies met God om te wys hoe anders elke verhouding kan wees. Onder die Nuwe Testament stel sy die hoof verskille in God se verhouding met die mens voor en ná Christus se kruisdood. Die hoofpunt is dat die wette wat die mens net moes gehoorsaam in die Ou Testament nou riglyne is en dat ’n totaal verskillende verhouding met God moontlik is: een waarin ons genooi word om te soek, vertrou en te lewe volgens die leiding van die Gees van God en onder sy beskerming. Elke persoon se verhouding met God is verskillend en uniek. Wat vir een mens reg is, kan heeltemal verkeerd wees vir iemand anders en ons kan daardie verhouding koester en lewe en optree onder Sy leiding. Die kruisdood het vir ons ’nnuwe vryheid van ­onbuigsame reëls en veroordeling gebring, om ’n nuwe verhouding en leiding deur God te ontdek.

Deel 2 interpreteer spesifieke aspekte van die Bybel, insluitende bekering, moraliteit en heiligmaking, of God werklik is en of Hy goed is, redes vir swaarkry, egkeiding, voorhuwelikse seks/saambly, om jou ouers te respekteer, buite-egtelike verhoudings en wyer kwessies soos die doel van die lewe en wat sy glo Christene geroep is om te doen in hierdie moeilike tye wat eintlik ’n geestlike oorlog is.

Hierdie fassinerende boek kan jou siening van die wêreld en jou godsdiens verander, en miskien ook sommer jou hele lewe!

Oor LORETTE DYE:
Die skywer is ’n sielkundige berader, dosent and sendeling met ’n Meestersgraad in sielkunde, ’n BA in tale (kreatiewe skryfkuns), BA (Psych), Dip (THL), BA (CW), MA (Psych) met spesialiseering in kunsterapie en die effekte van seksuele molestering.
Sy het die Kunsterapie Akademie van Suid Afrika gestig en bied klasse aan oor verskeie onderwerpe.
Sy is ’n gesogte spreker vir funksies en inspireer mense en verbeter dikwels hul lewens.
Sy woon in Suid Afrika en glo dat bemagtiging noodsaaklik is vir menslike ontwikkeling en emosionele genesing.
Sy het al verskeie boeke geskryf en uit-gegee insluitende “The STREPCO-approach to therapy” (Die STREPCO ­benadering tot terapie) asook die top-verkoper, “Die 3 grootste issues van ’n vrou.”
Haar werk as sendeling neem haar na verskeie Afrika-lande.




  • Weight 0.480